Benodighede:
Krale - ongeveer 88 x 10mm krale
Nota:
Indien jy groter krale gebruik sal jy minder benodig.
Stap 1:
Ryg die krale in die rek in.
Daar moet ongeveer 1cm rek aan beide kante oorbly sodat jy dit kan knoop.
| Nota: Maak een van die krale wat laaste |
| geryg word, se gaaitjie lekker groot |
| oop. (gebruik sommer pen se punt) |
| Dit is sodat kraletjie oor knoop sal |
| kan gaan. Stap 2: |
| Trek die rek ietwat styf wanneer jy die |
| twee punte knoop. Maak seker dat die |
| rek stewig geknoop is. |
Stap 3:
| Sny punte van rek korter. |
| Trek kraletjie wat jy vroeër die gaaitjie van |
| groter gemaak het oor die knoop van die |
| rek. |
Hierdie is regtig 'n baie maklike en lekker projek.
Dit is ook ideaal vir die kinders om te maak vir mamma of ouma.