Pages

Wednesday, September 25, 2019

Kardoes nr. 16

10 Projekte


1.  T yarn met krale en blom.
2.  Suede cord string met gemengde kleur krale.
3.  Beige enkel string met hart.
4.  Oak kleur enkel string.
5.  Ronde beige oorbelle.
6.  Beige perel armband.
7.  Oak kleur armband
8.  Seude cord met hart.
9.  Gemengde kleur string krale.
10.  Beige hartjie oorbelle.



Projek 1:

Stap 1:

Sit al die stringe bymekaar soos op foto.
Gebruik 'n naald en garing om al die punte
aan elke kant aan mekaar vas te werk.


 Stap 2:

Plak nou aan weerskante die scarf ends
bo oor die punte van die t-yarn.





Stap 3:

Sit die double jumpring aan die tigertail vas met 'n crimp deur 'n langbek tangetjie te gebruik.

Kyk volgens die foto's.




Druk die crimps met jou tangetjie plat




Stap 4:

Ryg al die kraletjies in die tigertail in.




Stap 5.

Sit weer 'n double jumpring vas soos wat jy in stap 3
gedoen het.

Nota:  Indien jy met hierdie gedeelte sukkel,
            Gaan kyk by Kardoes 11 se  2de projek.
            Daar word in meer detail gewys hoe om
            die gedeelte te doen.




Stap 6:

Gebruik nou 'n jumpring en sit die
krale wat jy geryg het aan die t-yarn
gedeelte vas.




Stap 7:

Plak die speldjie aan die  agterkant van die blom vas
en steek aan die t-yarn gedeelte van die necklace vas.






Projek 2

Stap 1:

Ryg die krale in soos op die onderstaande foto.



Stap 2:
Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie






Projek 3

Ryg al die krale saam met die hart in die rek in.
Trek die rek effens styf en knoop die rek.
Sny die rek se punte korter en trek die naaste kraletjie
oor die knoop van rek.







Projek 4

Hierdie projek doen jy presies dieselfde as projek 3.






Projek 5

Stap 1:

Sit 'n seedbead in die headpin in en sit dan deur die ronde plat
kraal.
Indien die bo kant van die pennetjie te lank is, sny effens korter.


Stap 2:

Buig die punt om, om 'n sirkeltjie te vorm.



Stap 3:

Gebruik 'n jumpring om die oorbel hakkie aan die kraal 
vas te sit.





Projek 6

Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.




Stap 2:

Ryg die Perel kraletjies, "silver spacers" en pypies in volgens die
volgende patroon.

7 x perels

2 x bead caps


3 x perels
1 x pypie

3 x perels
2 x bead caps


7 x perels
2 x bead caps
3 x perels
1 x pypie

3 x perels
2 x bead caps
7 x perels
2 x bead caps
3 x perels
1 x pypie

3 x perels
2 x bead caps
7 x perels
2 x bead caps
3 x perels
1 x pypie


3 x perels
2 x bead caps
7 x perels


Stap 3:
Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lank genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)







Projek 7

Ryg al die krale saam in die rek in.
Trek die rek effens styf en knoop die rek.
Sny die rek se punte korter en trek die naaste kraletjie
oor die knoop van rek.







Projek 8

Stap 1:
Ryg die hart tot in die middel van die suede cord.




Stap 2:
Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie










Projek 9

Stap 1:
Ryg al die krale volgens die patroon op die onderstaande
foto  in die rek in.
Herhaal die patroon totdat al die krale geryg is.






Stap 2:

Trek die rek effens styf en maak 'n knoop.
Trek die naaste kraal oor die knoop.





Projek 10

Stap 1:
Begin deur die headpin deur die hartjie
te sit en die stukkie wat bo uitsteek in 'n
sirkeltjie te buig.

Nota:  In die headpins wat jy ontvang
           het sal jy sien dat daar 'n klein
           kraletjie is. Dit is sodat die headpin
          nie deur die hartjie se gaaitjie trek nie.

                                                                                    




              





Stap 2:
Gebruik nou die jumpring om die
oorbel hakkie aan die hartjie vas te sit.



  

 Nota:  Buig altyd die twee kante van
            die jumpring na die kant toe,
            weg van mekaar.
                   
Maak gebruik van die tangetjie om die
 jumpring oop en toe te buig.



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.