Pages

Wednesday, September 12, 2018

Krale in 'n kardoes 6

9 Projekte

1.  Navy en Wit t-yarn en tigertail necklace
2.  Navy enkel string krale
3. Navy speckle enkel string krale
4.  Wit  oorbelle en navy oorbelle
5.  Navy hartjie oorbelle
6.  Navy speckle memory wire armband
7.  Navy en wit perel  memory wire armband                         
8.  Suede cord met hartjie necklace
9.  String krale met blom







Projek 1

Vandag doen ons die moeilikste projek heel eerste.

Stap 1:

Jy gaan begin deur een van die "double jump rings" aan die
drie stringe tigertail vas te sit.


Anders as in kardoes 5  se projek nege waar ons al die stringe gelyk
vas gesit het, moet jy elkeen apart doen.
Die drie stringe is te dik om weer deur die crimp te gaan wanneer
jy dit ombuig en deur steek.


So, jy ryg  eers die crimp in die string tigertail.
Buig die punt van die tigertail om die jump ring en druk die punt
weer deur die crimp.

 Druk die crimp nou plat met jou tangetjie.

Doen so met al drie stringe tigertail.



Stap 2:



Nota:  Die 3 tigertail stringe behoort
           mooi langs mekaar te lê sodat
           die eerste kraletjie oor die crimps skuif




           en jy dit nie kan sien nie.
           (soos voorbeeld  op foto links)



2.1  Ryg jou eerste 7 navy kraletjies in
       al 3 stringe tigertail.





2.2 In een van die stringe tigertail word daar nou 10 wit
      kraletjies geryg


Nota:  Laat die string tigertail met die wit krale 
          nou vir eers net eenkant.  Jy gaan in die volgende
          paar stappe met die ander twee stringe tigertail werk.



2.3  In die twee stringe tigertail, ryg nou 'n 
       verdere 6 navy kraletjies.



2.4  Na die vorige stap gaan jy die twee stringe tigertail wat saam geloop
       het ook nou verdeel.

       In die een string gaan jy 5 van die navy speckle krale ryg en
       in die ander string gaan jy 6 navy krale ryg.

L.W dat die string met die wit krale nog eenkant is.
         So jy het nou 3 aparte stringe tigertail op die staduim
         met krale in.






2.5  Vat nou weer al 3 stringe tigertail bymekaar en ryg 1 van die
        wit blokkie krale in.



Nota:  Onderstaande foto kom eers later, maar as jy die stappe reg gevolg
           het moet jou eerste gedeelte nou lyk soos op die foto tot en by die
           wit blokkie kraletjie.




Stap 3:

Gebruik nou nog al 3 stringe tigertail saam en ryg die krale soos op foto in
vanaf die wit blokkie kraletjie.
(krale op foto moet van regs na links gevolg word)



Stap 4:

Na die heel groot navy kraal wat jy in die vorige stap geryg het,
word daar nou weer in elke string tigertail apart krale geryg.
Ryg in een string - 8 navy speckle krale
Ryg in een string - 9 navy  krale                      
Ryg in een string -8 wit  krale



Stap 5:

Al 3 stringe tigertail word nou weer saam gevoeg.
Ryg nou die krale soos aan die anderkant.
(onthou dat die kant is 'n spiëelbeeld van die anderkant)





Stap 6:

Jy moet nou klaar geryg wees tot weer by 'n wit blokkie kraletjie.


6.1  Verdeel nou weer die stringe tigertail.
       In een string ryg jy -  6 navy kraletjies
       In een string ryg jy -  5 navy speckle kraletjies
       In een string ryg jy -  10 wit kraletjies



6.2  Vergeet nou weereens van die string met die wit krale in.
       Ons gaan nou met die ander 2 stringe werk.

       Die ander 2 stringe word nou weer saam gevoeg en 6 navy kraletjies
       word daarin geryg.




6.3  Sit nou weer al drie stringe tigertail saam en ryg jou laaste 7 navy
       kraletjies in.



Die laaste gedeelte behoort nou soos op onderstaande foto te lyk




Stap 7:


Nota:  Hierdie laaste gedeelte waar jy af eindig, kos 'n bietjie geduld.

L.W:  Die foto's wys dit is wit krale, maar dit is maar net om die stappe aan te wys.

Jy gaan nou gebruik maak van jou tangetjie
double jumpring en crimps.






      

L.W: Die fotos hieronder wys hoe jy twee stringe gelyk vas maak maar
          Onthou dat ons elke string apart vas maak omdat die drie stringe
           saam te dik is vir die crimps
          Die prinsiep bly dieselfde.




7.1:  Soos wat jy by stap een gedoen het, gaan jy nou weer die double
        jumpring aan die stringe tigertail vas sit.


7.2  Hou die jumpring met die tangetjie vas terwyl jy
       die punte van die tigertail trek sodat jy dit styf tot 
       teen aan die kraletjie kan kry.

       Hierdie vat nogal tyd. Soms moet jy die crimps bly skuif en die
       tigertail bly trek totdat jy teen aan die kraletjie is.




 7.3   Druk dan die crimps met jou tangetjie plat
         en sny die tigertail korter.





 7.4  Druk die punte van die tigertail binne in die kraletjie se
        gaaitjie en trek die kraletjie nader aan die jumpring.







Jou projek moet nou tot hier klaar wees waar jy al jou krale geryg het en aan weeskante 'n double jump ring vas het.





Stap 8:

Volgende gaan ons die t-yarn gedeelte maak wat saam met die krale gaan



Gebruik jou tangetjie om die  3 stringe t-yarn binne in die "flat fasteners"
vas te sit.

Nota:  Indien jy nie mooi seker is hoe om die gedeelte te doen nie, kan jy
           gaan loer by - hoe om 'n t-yarn necklace te maak.
           Jy sal dit vind onder "labels"







Stap 9:

Gebruik 'n jumpring om die krale gedeelte wat jy gemaak het aan die
t-yarn gedeelte vas te sit.

Aan die eenkant gaan jy net 'n jumpring hê wat die twee gedeeltes aanmekaar hou
en aan die ander kant gaan jy jou hakkie bysit sodat jou necklace kan vas maak.






Na al jou harde werk is dit hoe jou krale behoort te lyk.




Projek 2

Met hierdie string word al die krale eenvoudig in die rek ingeryg.
 Die rek se punte word dan net geknoop.


Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 
            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.





Projek 3

NB:  Hierdie projek se krale het ek verander         na navy speckle.



Ryg die krale soos in vorige projek.
Die rek se punte word dan











net geknoop.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie,                                                 
            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.



Projek 4

Plak eenvoudig die "earring studs'  agter op die halwe kraletjie.

Superglue werk vir my die beste.






Projek 5

























Projek 6

NB:  Hierdie projek se krale het ek ook        na navy speckle verander en is nie        meer wit soos op die foto nie.


Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.





Stap 2:

Ryg omtrent die helfde van die navy speckle  krale, ryg dan jou silwer hartjie en
dan volg die ander  krale.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)




Projek 7


Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.





Stap 2:

Begin om met 'n wit pereltjie te ryg,gevolg deur 'n navy blokkie.
Herhaal net die patroon tot al die krale geryg is.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)



Projek 8

Stap 1:
Gebruik die stukkie tigertail om die tou 

deur die hout hart te trek.
NB:  Moenie die stukkie tou korter sny voordat jy
         nie stap 3 klaar gemaak het nie, aangesien
          die toutjie se punte in kerswas gedoop  is
          sodat dit deur die bead cap se gaatjie kan ryg






Stap 2:
  *Ryg die suede cord deur die lussie van die tou
     wat deur die hart geryg is.
  * Trek die suede cord deur sodat die punte 
      gelyk is.
  *  Trek nou die tou aan die onderkant van die
      hart styf .






Stap 3:


  *  Ryg nou in altwee punte van die tou soos op 
        foto's :
        wit  blokkie krale
        16mm wit  krale en
         bead caps       
  *  Knoop nou albei punte van die tou volgens die
       lengte wat jy wil hê die krale moet hang,
      sodat dit nie deur die krale kan trek nie.
  *  Gebruik bietjie gom om die bead caps aan
      die  krale te plak sodat hul op hul plek bly.




Stap 4:

  *  Maak 'n knoop aan altwee kante van die suede
      cord.   (knope moet so ±5cm weerskante van
      die hartjie se middel wees en die punte bo 
         van die suede cord moet gelyk wees.
  *  Ryg die eerste 3  krale en maak weer 'n knoop
      na die krale.
  *  Maak weer 'n knoop so  ±5cm  verder na die
      krale.
  *  Ryg nou die wit blokkie krale en maak weer 'n
      knoop

  * Knoop nou net die punte bo van die suede cord
     saam om jou string krale te voltooi.





Projek 9

Stap 1:

Sny eerste een van die suede cord se punte effens dunner sodat jy dit deur
die blom geryg kan kry.
Jy kan later weer die stukkie afsny.



Stap 2: 

Ryg nou 5 van die wit "lense beads" aan weerskante van die blom


Stap 3:

Ryg nou soos op foto aangedui.
Die regterkant op die foto is die bokant van die blom





Stap 4:

Die volgende krale volg nou soos op foto.
Onthou dat jy nou al reeds in die vorige stap die navy en wit
blokkie na die blom geryg het.






Stap 5:

Maak nou 'n knoop aan albei kante na die laatste kraal.






Stap 6:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie.









Dit was dan die laaste projek van hierdie kardoes.
Hoop julle het dit geniet!


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.