Pages

Thursday, November 22, 2018

Kardoes 9

10 Projekte

10 Armbande om te maak.
Kleure: 
Rooi
Wit
Beige
Grys
Swart
Turquoise
Lig pienk
Lavender
Dusty pink
Bruin

         






Al 10 armbande word op dieselfde manier gemaak




Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.




Stap 2:

Ryg die Perel kraletjies, "silver spacers" en pypies in volgens die
volgende patroon.






Begin met:

3 x kraletjies
1 x spacer
3 x kraletjies
1 x spacer
3 x kraletjies
1 x spacer
4 x kraletjies
1 x pypie

Na elke pypie herhaal weer van voor af totdat al jou
krale, spacers en pypies geryg is.





Stap 3:

Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lank genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)











Saturday, November 17, 2018

Krale in 'n kardoes 8

9 Projekte

1.  Hartjie string
2.  Wit enkel string krale met hart.  
3.  Suede cord armband
4.  Pienk rosie oorbelle
5.  String krale met roos
6.  'Wit draad armband
7.  Helder pienk enkel string krale
8.  Suede cord necklace
9.  Pienk oorbelle







Projek 1






Stap 1:

Maak 'n knoop 200mm vanaf die wax cord se punt.




Stap 2:

Ryg vanaf die anderkant tot teen die knoop
eers 'n silver spacer en dan 'n hartjie en dan
weer 'n silver spacer.
Maak weer 'n knoop.




Stap 3:

Maak nou 'n 100mm vanaf die hartjie weer
'n knoop.
Ryg weer 'n spacer, hartjie, spacer en knoop
weer.




Stap 4:

Herhaal stap 3 totdat al jou
hartjies geryg is.

Nota:
Onthou dat die laaste 3 hartjies
anders om geyg word sodat hulle
nie onderste bo hang nie.

As jy elke keer gemeet het voordat
jy jou knope gemaak het behoort daar nou
'n langer stukkie van die wax cord oor te bly
as wat jy aan die ander kant mee begin het.
Sny nou die kant gelyk sodat hy ook 200mm
lank is vanaf die knoop voor die hartjie.




Stap 5:

Hou nou die 2 punte van die wax cord
bo oor 'n kers se vlammetjie.
Nie te lank nie, die punte moet net
smelt sodat jy hulle teen mekaar kan
druk om vas aan mekaar te sit.






Projek 2



Stap 1:
Ryg al die kraletjies saam met die hart in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.


Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.


  


Projek 3



Stap 1:

Begin deur vir jou 7 ewe lang stukkies suede cord te sny.
L.W dat jy jou arm moet meet. ( Myne sny ek 170mm)

Plak nou die punte van al 7 stukkies langs mekaar op
'n stukkie maskeerband.
Vou die punte daarvan om en sny  netjies af soos op
foto.







Stap 2:

Gebruik nou jou tangetjie om die
"flat fastner" vas te sit.





Stap 3:

Ryg in die middelste string 1 kraletjie,
dan die "love insert" en dan weer 1 kraletjie.
Ryg in al die ander stringe 3 kraletjies.



Stap 4:

Herhaal nou stap 2 aan die ander kant.

Stap 5:

Gebruik weereens jou tangetjie om
die stukkie ketting en sleuteltjie 
aan die eenkant vas te sit


soos op foto.










Stap 7:

Aan die ander kant sit jy jou hakkie vas.








Spasieer nou net jou kraletjies eweredig.




Projek 4

Plak eenvoudig net die "stud" gedeelte
van die oorbel aan die rosies vas.

Nota:  Ek maak gebruik van
           "superglue"


Projek 5


Stap 1:

Die rosie sal waarskynlik klaar
in die suede cord geryg wees.
Aan weeskante van die roos
kom 'n wit lense bead geryg.


Stap 2:

Ryg die res van die krale soos op die foto.
Nadat jy al die krale geyg het, maak 'n knoop
aan weerskante.



Stap 3:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie






Projek 6



Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.






Stap 2:

Ryg die armband volgens die volgende patroon:

Nota:  Die bo kant van die bead caps, 
           soos op foto, moet teen mekaar lê
           as jy dit ryg.














Stap 1:

-  7 wit pêrels
-  2 bead caps
-  3 wit pêrels
-  silwer pypie

Stap 2:

-  3 wit pêrels
-  2 bead caps
-  7 wit pêrels
-  2 bead caps
-  3 wit pêrels
-  silwer pypie

Herhaal stap 2 nog twee keer.


Stap 3:

-  3 wit pêrels
-  2 bead caps
-  7 wit pêrels


    Stap 4:  
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)



Projek 7






Stap 1:
Ryg al die kraletjies  in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.


Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.




Projek 8



Stap 1:

Ryg die pendant tot in die middel van die suede cord.

Stap 2:

Ryg nou albei punte van die suede cord deur  die 1 groot pienk kraal.


Stap 3:

Maak nou aan albei kante, so 5cm vanaf die pink kraal, 'n knoop.

Ryg die "hex beads" in en maak weer 'n knoop,



Stap 4:

Maak weer so 5cm verder, aan albei kante, 'n knoop
Ryg 2 van die ligpienk krale aan albei kante in.
Maak weer 'n knoop na die krale.



Stap 5:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie










Projek 9