Pages

Thursday, June 21, 2018

Uiteensetting vir DIY Kit 25


Stap 1:
 Ryg die  bo-kant van die feëtjie 
 tot in die helfde van rek.




















Stap 2:
Ryg nou albei punte van die rek deur
1 van die 20mm seegroen krale asook
1 van die 12mm beige krale.

  


Stap 3:
Een van die rek se punte word nou deur
die turquoise hart van die dubbele hart 
geryg.


.
Stap 4:
Die ander punt van die rek word geryg
deur 1 van die 10mm navy krale en dan
deur die klein beige hartjie van die
dubbele hart .






















Stap 5:
Ryg nou in die rek wat deur die groot
hart geryg is, 35 van die 10mm blue mint
krale.

Nota:  Vergeet eers van die ander
           gedeelte van die rek, al wys
           die foto dat daar krale in is.
           Ons kom later daarby....



Stap 6:
Ryg nou in die selfde gedeelte van die rek die
volgende krale in volgorde:
1 x 30mm cream speckle
1 x 16mm navy
1 x 12mm beige
1 x 30mm turquoise
1 x 20mm rou hout
1 x 20mm seegroen








Stap 7:
Na die 20mm seegroen wat geryg is, ryg
nou ook die volgende in volgorde:
1 x 25mm navy
1 x 20mm rou hout
1 x 10mm lense bead
1 x 20mm seegroen
1 x 16mm navy
1 x 12mm beige
1 x 20mm rou hout.




Stap 8:
Die een gedeelte is nou klaar geryg.
Ryg nou die rek deur die onderkant van die
feëtjie en maak 'n stewige knoop.







Stap 9:
Nadat die knoop gemaak is, ryg nou die
rek wat oorgebly het, weer terug deur die
krale sodat dit weg gesteek is.







Stap 10:
Begin nou om, om die beurt in die ander
gedeelte van die rek te ryg:
2 x 10mm blue mint   - altesaam 34 blue mint
1 x 10mm navy    - altesaam  17 navy




Stap 11:

Knoop nou die rek aan die feëtjie vas 
soos op foto



Stap 12:

Ryg weer die oorblywende rek
terug deur die krale soos in
stap 9.






Jou meesterstuk is voltooi.
Nou net iets gaan soek om daarmee saam
te dra.................





No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.