Pages

Wednesday, June 27, 2018

Krale in 'n kardoes nr. 1

 9 Projekte

1.  Wit enkel string krale
2.  Eggshell  enkel string krale
3.  Swart  enkel string krale
4.  Swart en wit memory wire 
     armband
5.  Swart disc oorbelle
6.  Wit hartjie oorbelle
7.  Swart en wit string krale met
     wit hart
8.  Wit en eggshell string krale
9.  Swart en wit t-yarn string






Enkel string krale:  





Stap 1:  
Ryg al die krale wat saam met die rek
in pakkie was, in die rek in.
Nota:  Maak een van die krale wat laaste
             geryg word, se gaaitjie lekker groot
             oop. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
              kan gaan.



Stap 2:
Trek die rek ietwat styf wanneer jy die
twee punte knoop.  Maak seker dat die
rek stewig geknoop is.  


Stap 3:
Sny punte van rek korter.
Trek kraletjie wat jy vroeër die gaaitjie van
groter gemaak het oor die knoop van die
rek.
                                            

Dieselfde stappe word gevolg om die wit, eggshell en swart string krale te maak.






Swart en wit "memory wire" armband



Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.



Stap 2:
Ryg al die kraletjies om die beurt in soos op 
foto.  Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lank genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)


Jou armband is kant en klaar.  Was dit nou nie 'n lekker projek nie.





Oorbelle















Wit en swart string krale met wit hart



Stap 1:
Begin deur die suede cord eerste deur
die hart te ryg.

Nota: Indien suede cord sukkel om deur                  hart se gaaitjie te gaan kan die punt               effens dunner gesny word.  Jy kan                    later dan  net weer die punt gelyk                     sny.







Stap 2:
Daarna word die krale na die hart ingeryg soos volg:
1 x 20mm swart 
1 x 30mm wit
3 x 10mm lense beads
1 x 10mm wit cube bead
1 x 25mm swart 
1 x 10mm wit cube bead
1 x  10mm swart cube bead
1 x  hex bead 
1 x 25mm swart 
1 x hex beads
1 x 10mm swart cube bead
1 x 10mm wit cube bead
1 x 20mm wit
1 x 10mm swart lense bead
1 x 20mm wit
1 x 10mm wit cube bead
1 x 20mm swart 
1 x 30mm wit
1 x 16mm swart
1 x 20mm wit 



Stap 3:
Knoop die punte van die suede cord saam.
       


Wit en eggshell string krale






Stap 1:
Begin in die middel van die rek met  'n
25mm eggshell kraal.
Weerskante  daarvan ryg twee wit perels.















Stap 2:
Ryg dan weerskante dieselfde in soos volg:
Wit hex krale
wit perel krale
wit blokkie krale
20mm wit krale
25mm eggshell krale
wit hartjies
wit perel krale



Stap 3:
Daar is in pakkie
17 x 10mm eggshell kraletjies
16 x 10mm wit kraletjies
Begin aan elke kant met 'n eggshell kleur
kraletjies inryg.
Ryg al die kraletjies in.
Aan die bo kant sal jy aan die eenkant met
n eggshell eindig en aan die ander
kant van die rek sal jy met 'n wit kraletjie
eindig.
             
            
Stap 4:
Knoop die punte van die rek stewig
soos in die enkel stringe se aanwysings.



Wit en swart t-yarn string
















Stap 1:
Vat 3 van die stringe t-yarn bymekaar.
Sny punte mooi gelyk.



Stap 2:
Sit die punte binne in die t yarn crimp.
Druk die crimp met die tangetjie toe,
Druk eers vas in die middel van die crimp,
dan aan altwee kante sodat die t yarn 
stewig vas is binne in.
Nota:  as jy sukkel om bymekaar te hou
             kan jy met 'n naald die stukke
             bymekaar hou.




























Stap 3:
Doen soos in stap 2 met al vier die punte.
Jy het nou 2 gedeeltes t yarn wat bestaan
uit 3 stringe elk.




Stap 4:
Gebruik nou die jumpring om die  
twee gedeeltes aan mekaar vas te
maak.



  Maak gebruik van die tangetjie om die
 jumpring oop en toe te buig.
Nota:  Buig altyd die twee kante van die
              jumpring na die kant toe weg


              van mekaar.

Die een kant kry 'n tweede jumpring aan
die jumpring wat die stringe bymekaar hou
                              en
Aan die anderkant kom daar aan die jumpring
wat die stringe bymekaar hou, 'n tweede
jumpring saam met 'n lobster clasp.
























Dis dan jou 9 projekte vir kardoes 1.
Hoop jy het elke projek geniet!






























No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.