Pages

Saturday, January 26, 2019

Kardoes 10

10 Projekte

1.  Rooi, wit en grys string krale
2.  Rooi enkel string
3.  Grys enkel string

4.  Polymer roos oorbelle
5.  Rooi disc oorbelle
6.  Rooi suede cord armband
7.  Blom borspeld
8.  Queen of hearts pendant
9.  Tigertail necklace
10.  Suede cord choker






Projek 1

Stap 1:
Ryg al die krale soos op die foto.

Stap 2:
Knoop die punte van die suede cord saam.




Projek 2


Stap 1:

Ryg al die kraletjies  in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.



Projek 3

Stap 1:

Ryg al die kraletjies  in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.





Projek 4

Plak die "earring studs" net aan die agterkant van die rosies vas.




Projek 5








Projek 6


NB:  L.W dat die foto's nie die kleur wys waarmee ons werk nie.  Dit wys net die stappe aan.
         Ons werk met rooi suede cord en rooi kraletjies.

Stap 1:

Begin deur vir jou 7 ewe lang stukkies suede cord te sny.
L.W dat jy jou arm moet meet. ( Myne sny ek 170mm)

Plak nou die punte van al 7 stukkies langs mekaar op
'n stukkie maskeerband.
Vou die punte daarvan om en sny  netjies af soos op
foto.






Stap 2:

Gebruik nou jou tangetjie om die
"flat fastener" vas te sit.






Stap 3:

Ryg al die kraletjies in die stringe suede cord
in.
Dit is jou eie keuse hoeveel jy in watter string wil ryg.


Stap 4:

Doen nou weer soos jy in die eerste 2 stappe gedoen het om die
flat fastener aan die ander kant vas te sit.

Stap 5:

Sit nou jou hakkie aan die eenkant van die flat fastener vas met
'n jumpring.
Gebruik 'n volgende jumpring om die stukkie ketting aan die anderkant vas te sit.



Projek 7

Plak net die borspeld hakkie aan die agterkant van die blom vas.





Projek 8


Stap1:
Ryg die suede cord deur die botteltjie se hakkie.

Sorg dat die suede cord se punte bo gelyk is en maak nou 'n knoop
aan weerskante, in die suede cord. ( ongeveer 5cm van die botteltjie se hakkie)




Stap 2:
Ryg nou die rooi krale en maak weer 'n knoop direk na die kraal.

Ongeveer 5cm veder moet jy nou weer 'n knoop maak.
(sien foto)


Stap 3:
Ryg nou 'n rooi blokkie, grys kraal en weer rooi blokkie.
Maak weer 'n knoop.




Stap 4:
Knoop nou net die punte van die suede cord saam.









Projek 9


Stap 1:

Jy gaan begin deur een van die
dubble jumprings aan die
twee stringe tigertail vas te 
sit.



 1.1  Ryg albei stringe tigertail deur twee crimps soos op onderstaande foto.



1.2  Buig nou die punte terug, om die dubble jumpring en weer deur altwee crimps.
Soos op foto hieronder.



 1.3  Druk die crimps nou plat met jou tangetjie.





Stap 2:

Begin deur 12 grys kraletjies in albei stringe tigertail te ryg.


Stap 3:

Ryg soos wat jy op foto kan sien dan 'die volgende in: 
16mm rooi kraletjie 
30mm wit
25mm grys
rooi skoenlapper.


Stap 4:

Na die skoenlapper ryg jy:
wit ovaal kraal
klein rooi kraletjie
wit ovaal kraal
klein rooi kraletjie
20mm grys kraal
25mm wit kraal



Stap 5:

In die volgende stap word die twee stringe tigertail van mekaar geskei.
In die een ryg jy 10 van die 12mm wit kraletjies en
in die ander een ryg jy 11 van die klein rooi kraletjies.


Stap 6:

Voeg nou weer die twee stringe saam en ryg die volgende:
25mm wit kraal
20mm grys kraal
30mm rooi kraal
20 mm wit kraal
en 2 x 16mm rooi kraal



Stap 7:

Na die 2 x 16mm rooi kale volg:
'n 25mm grys kraal
30mm wit kraal
16mm rooi kraal


Stap 8:

Ryg nou weer 12 van die grys kraletjies in.






Stap 9:

Nota:  Hierdie laaste gedeelte waar jy af eindig, kos 'n bietjie geduld.

L.W:  Die foto's wys dit is wit krale, maar dit is maar net om die stappe aan te wys.

Jy gaan nou gebruik maak van jou tangetjie
dubble jumpring en crimps.



9.1:  Ryg twee crimps in albei stringe tigertail.


9.2:  Net soos wat jy in die begin in stap 1.2 gedoen het doen jy nou weer.


9.3  Hou die jumpring met die tangetjie vas terwyl jy
       die punte van die tigertail trek sodat jy dit styf tot 
       teen aan die kraletjie kan kry.

       Hierdie vat nogal tyd. Soms moet jy die crimps bly skuif en die
       tigertail bly trek totdat jy teen aan die kraletjie is.




 9.4   Druk dan die crimps met jou tangetjie plat
         en sny die tigertail korter.




 9.5  Druk die punte van die tigertail binne in die kraletjie se
        gaaitjie en trek die kraletjie nader aan die jumpring.





Jou string krale moet nou soos onderstaande foto lyk as die tigertail vas is.



Stap 10:

Jou laaste stap is om jou hakkies aan te sit

L.W dat die foto's net aandui hoe om dit te doen
         die krale daarop is nie deel van die projek nie.



Aan die eenkant kom net 'n jumpring vas en 
aan die anderkant kom 'n hakkie saam met die jumpring vas.









Projek 10

Stap 1:

Begin deur die suede cord om jou nek te meet en af te sny.
(myne het ek 39cm gesny maar dit is belangrik om volgens jou mates te werk)
Suede cord  moet redelik styf teenaan jou nek wees maar moet jou nie wurg nie.

Ryg dan die boompie daarin.




Stap 2:

Sny nou 'n volgende stukkie suede cord bietjie langer en ryg die ander
charms daarin.
 (myne het ek 50cm gesny)


Stap 3:

Sny nou 2 keer 50cm stukke suede cord.
Knoop die punte onder  'n entjie weg vanaf die punte.

(Sien foto)



Stap 4:

Sny een punt effens korter.




Stap 5:

Smeer biejie gom op die punte en rol dit om.

Nota:  Dit is sodat punte bietjie dikker is sodat hul
           stewig binne in die pypies kan plak.

Smeer nou weer gom aan die punte en druk die pypies oor
die punte.  Die punte van die suede cord hoef net so halfpad in
die pypie in te gaan.  Indien jy sukkel om dit in te kry kan jy met
'n naald dit af druk.





Stap 6:

Jy behoort nou 3 sulke stukke soos op die foto te he.


Stap 7:

Sit nou die 3 stukke suede cord saam vas met die flat fastener, aan weerskante.




Stap 8:

Sit nou net jou hakkie vas aan die eenkant met 'n jumpring.
Aan die ander kant kom slegs 'n jumpring.





Jou eindproduk moet so lyk


















No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.