Pages

Sunday, July 28, 2019

Kardoes 8.1

9 Projekte

1.  Hartjie string
2.  Pienk en Wit t-yarn string
3.  Suede cord armband
4.  Pienk rosie oorbelle
5.  String krale met roos
6.  Wit draad armband met skoenlapper
7.  Helder pienk enkel string krale
8.  Suede cord necklace
9.  Pienk oorbelle
10.  Blom




Nota:  In al die projekte waar 'n jumpring
            gebruik word.
            Buig altyd die twee kante van die
            jumpring na die kant toe weg van
            mekaar.
            Maak gebruik van 'n tangetjie.




Projek 1






Stap 1:

Maak 'n knoop 200mm vanaf die wax cord se punt.




Stap 2:

Ryg vanaf die anderkant tot teen die knoop
eers 'n silver spacer en dan 'n hartjie en dan
weer 'n silver spacer.
Maak weer 'n knoop.




Stap 3:

Maak nou 'n 100mm vanaf die hartjie weer
'n knoop.
Ryg weer 'n spacer, hartjie, spacer en knoop
weer.




Stap 4:

Herhaal stap 3 totdat al jou
hartjies geryg is.

Nota:
Onthou dat die laaste 3 hartjies
anders om geyg word sodat hulle
nie onderste bo hang nie.

As jy elke keer gemeet het voordat
jy jou knope gemaak het behoort daar nou
'n langer stukkie van die wax cord oor te bly
as wat jy aan die ander kant mee begin het.
Sny nou die kant gelyk sodat hy ook 200mm
lank is vanaf die knoop voor die hartjie.



Stap 5:

Hou nou die 2 punte van die wax cord
bo oor 'n kers se vlammetjie.
Nie te lank nie, die punte moet net
smelt sodat jy hulle teen mekaar kan
druk om vas aan mekaar te sit.






Projek 2

Om hierdie t-yarn necklace aanmekaar te sit
 kan jy die instruksies volg van
"Hoe om 'n t-yarn necklace te maak"
Jy sal dit onder "labels" vind.


  


Projek 3



Stap 1:

Begin deur vir jou 7 ewe lang stukkies suede cord te sny.
L.W dat jy jou arm moet meet. ( Myne sny ek 170mm)

Plak nou die punte van al 7 stukkies langs mekaar op
'n stukkie maskeerband.
Vou die punte daarvan om en sny  netjies af soos op
foto.







Stap 2:

Gebruik nou jou tangetjie om die
"flat fastner" vas te sit.





Stap 3:

Ryg in die middelste string 1 kraletjie,
dan die "love insert" en dan weer 1 kraletjie.
Ryg in al die ander stringe 3 kraletjies.



Stap 4:

Herhaal nou stap 2 aan die ander kant.

Stap 5:

Gebruik weereens jou tangetjie om
die stukkie ketting en sleuteltjie 
aan die eenkant vas te sit
soos op foto.










Stap 7:

Aan die ander kant sit jy jou hakkie vas.





Spasieer nou net jou kraletjies eweredig.




Projek 4

Plak eenvoudig net die "stud" gedeelte
van die oorbel aan die rosies vas.

Nota:  Ek maak gebruik van
           "superglue"


Projek 5

Stap 1:

Die rosie sal waarskynlik klaar
in die suede cord geryg wees.
Aan weeskante van die roos
kom  3 wit lense beads geryg.





Stap 2:

Die eerste krale wat jy ryg is die aan die bo kant van
die roos.



Stap 3:

Ryg die res van die krale wat na die roos kom, soos op die foto.
Nadat jy al die krale geyg het, maak 'n knoop
aan weerskante.





Stap 4:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie






Projek 6

Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.






Stap 2:

Ryg omtrent die helfde van die wit krale.
Gevolg deur die pienk skoenlapper en
weer die ander helfde van die wit krale.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lank genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)






Projek 7






Stap 1:
Ryg al die kraletjies  in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.


Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.




Projek 8

Stap 1:

Sit die jumpring aan die pendant vas.



Stap 2:
Ryg die pendant tot in die middel van die suede cord.



Stap 3:

Ryg nou die krale soos op die foto.


Stap 4:

Maak nou aan albei kante, so 10cm vanaf die pink kraal, 'n knoop.

Ryg die ander krale  in en maak weer 'n knoop,



Stap 4:

Knoop nou net die punte saam





Projek 9

Gebruik die jumpring om die oorbel
hakkie aan die pienk pendant vas te sit.









Projek 10

Plak net die speldjie aan die agterkant van die blom vas.






No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.