10 Projekte
1. Appelkoos t-yarn necklace
2. Bont suede cord necklace met skoenlapper hart
3. Suede cord met botteltjie pendant
4. Hartjie oorbelle
5. Eiffel toring oorbelle
7. Pienk t-yarn necklace
8. Lig pienk enkel string
9. Suede cord met groot hart
10. lig pink rek armband
Projek 1
Met hierdie projek gaan ek jou terug verwys na die projek: "hoe om 'n t-yarn necklace
te maak"
Jy sal dit onder die verskillende labels vind.
Projek 2
Stap 1:
Ryg die krale in soos op die foto.
Indien jy sukkel om die suede cord deur die hartjie te kry,
sny die een punt van die suede cord effens dunner. Jy kan dit
later weer afsny.
Stap 2:
Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends |
aan die suede cord vas te sit ( sal sien daar is |
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die |
boonste een plat en dan die een aan die een |
kant en dan die ander kant. |
Nou kom daar aan die eenkant 'n jumpring en aan |
die ander kant kom die ander jumpring met |
die hakkie |
Projek 3
Ryg die suede cord deur die pendant se hakkie en knoop die suede cord
se punte saam.
Projek 4
Hak net die hartjies in die oorbel hakkies in.
Projek 5
Stap 1:
Sit die eye pin deur die pienk kraletjie.
Stap 2:
Sny die eye pin korter en buig 'n ogie.
(Daar moet omtrent 1cm oorbly om om te buig)
Stap 3:
Gebruik 'n jumpring om die eiffeltoring aan die kraletjie vas te sit
Nota: Buig altyd die twee kante van die jumpring na die kant toe, weg van mekaar.
| ||
|
Stap 4:
Gebruik nog 'n jumpring om die oorbel hakkie aan die bo kant van die kraletjie vas te sit.
Gom word ekstra benodig. - Stap 26
Nota: Hierdie projek is nogal moeilik.
Maak seker dat jy reg verstaan want hier kan jy nie los maak as jy verkeerd
is nie.
Stap 1: (eerste gedeelte)
Begin deur 2 stringe tigertail deur die 1 groot pienk kraletjie te ryg.
(kraletjie word tot in die middel geryg)
Stap 2:
Ryg nou 1 kraletjie aan weerskante van die groter pienk kraal,
maar net in 1 van die stringe tigertail.
Stap 3:
Ryg nou in die ander tigertail string 2 kraletjies aan weerskante van die groter
pienk kraal. (sien foto onder)
Stap 4:
Maak seker die krale is in die middel.
Ryg 'n crimp aan albei kante in, in altwee stringe tigertail en
crimp vas. (Gebruik 'n tangetjie om die crimps vas te druk)
Stap 5:
Ryg nou weer 3 kraletjies aan albei kante, net soos wat jy in vorige stap gedoen het.
Sit weer 'n crimp daarna.
Jou string moet nou soos die onderstaande foto lyk
Stap 6:
Aan albei kante:
Ryg nou tot teenaan die laaste crimps wat jy vas gesit het 'n kraletjie.
L.W dat die kraletjie in albei stringe tigertail geryg word
Jou string moet nou lyk soos op onderste foto
Stap 7:
Sit nou 'n entjie weg vanaf jou laaste crimps weer 'n crimp vas en
ryg weer 'n kraletjie. (net soos in die vorige stap)
Jou eerste string lyk nou soos op die foto onder
Stap 8: (tweede gedeelte)
Gebruik nou 'n volgende 2 stringe tigertail.
Ryg in die een string 1 pienk kraletjie
en in die ander string 2 pienk kraletjies.
Stap 9:
Sorg dat die kraletjies in die middel van die tigertail is.
Sit 'n entjie vanaf die krale 2 crimps aan weerskante vas.
NB: maak seker dat hulle ewe ver vanaf die punte van die tigertail is.
Stap 10:
Ryg aan albei kante tot teen die crimps:
1 pienk kraletjie
1 silwer kraletjie
1 pienk kraletjie
sit weer 'n crimp daarna vas.
Stap 11:
Sit nou ongeveer so 5cm verder weer 'n crimp vas.
Onhou wat jy aan die eenkant doen moet jy aan die anderkant doen!!!
Ryg nou weer soos in stap 10 die kraletjies.
Daar moet 3 keer sulke kraletjies aan weerskante wees.
(Sien die onderstaande foto)
Stap 12: (derde gedeelte)
Gebruik nou die laaste 2 stringe tigertail.
Ryg die silwer blommetjie in albei stringe tigertail in.
(Weer tot in die middel)
Stap 13:Sit weerskante van die blommetjie 'n crimp vas.
Stap 14:
Ongeveer 5cm verder, sit weer 'n crimp vas.
(Albei kante)
Stap 15:
Ryg nou 2 pienk kraletjies in die een string tigertail en
1 silwer kraletjie in die ander string in.
Sit weer 'n crimp vas.
Stap 16:
Nadat jy stap 15 se krale geryg het moet jy weer so 5cm verder 'n
crimp sit aan albei kante.
Ryg weer die kraletjies soos wat jy gedoen het in stap 15.
Nadat jy stap 15 se krale geryg het moet jy weer so 5cm verder 'n
crimp sit aan albei kante.
Ryg weer die kraletjies soos wat jy gedoen het in stap 15.
Nou is al 3 die gedeeltes klaar.
Volgende gaan jy nou die hele necklace aanmekaar sit.
Stap 17:
Sit nou al die stringe saam.
Skuif die stringe so dat die een net so bietjie langer en korter hang as die ander.
Die idee is dat almal nie presies gelyk hang nie.
Stap 18:
Die punte van die tigertail gaan nou ongelyk wees.
Soos wat die stringe nou saam lê, kyk watter crimp tussen die drie gedeeltes lê die hoogste.
Tussen daardie crimp en die punt van die tigertail moet ten minste 10cm oor wees Die
tigertail moet nie korter as dit gesny word nie.
Knip dan jou punte gelyk.
NB: Die punte van die tigertail moet nou ten alle tye gelyk bly.
Stap 19:
Ryg al 6 stringe tigertail deur 'n silwer pypie.
Stap 20:
Na die pypie kom 'n silwer kraletjie.
NB: Die eenkant van die silwer kraletjie se gaaitjie is kleiner as die
anderkant. Maak seker dat jy die kleiner kant teen die pypie sit.
Dit is om te verseker dat die kraletjie nie oor die pypie gly nie.
Ryg dan 'n pienk kraletjie en dan 'n beadcap.
Nota: Skuif die pypie, kraletjies en beadcap so ver moontlik terug
op necklace sodat jy genoeg spasie het om te kan werk.
Stap 21 tot 23 - Baie geduld !!!!!
Stap 21:
Elke gedeelte wat jy gemaak het moet nou aan die eye pin vas gesit word.
So jy gaan die 2 stringe tigertail wat aanmekaar vas is se punte deur 'n crimp sit.
NB: Maak seker dat alles geryg is voor jy die stap doen.
Druk die crimp met tangetjie plat.
Dit moet jy met al die punte doen.
Die ogie wat die tigertail maak moet so klein as moontlik wees maar groot genoeg sodat
die eye pin kan deur gaan. (sien 2de foto onder)
Indien dit te groot is gaan almal saam nie later in die tassel cap pas nie. (stap 24)
Indien die punte wat uitsteek na jy gekrimp het, te lank is, sny dit korter,
Elke gedeelte tigertail moet dieselfde hoeveelheid omgebuig word anders
gaan jou necklace nie reg hang nie.
Stap 22:
Sit nou die eye pin deur die 3 ogies wat jy in die tigertail gemaak het.
Indien die eye pin se ogie onder, toe gebuig is, buig dit eers oop.
Stap 23:
Skuif die tigertail tot in die eye pin se ogie en buig die eye pin weer toe.
Stap 24:
Druk nou die eye pin deur die tassel cap.
Sien op onderste foto hoe die gedeelte met die crimps binne in die
tassel cap pas.
Op die staduim is die pypie, kraletjies en beadcap nog ver vanaf die eye pin en crimps.
Los dit nog so.
Stap 25:
Sny nou die die eye pin korter en buig 'n ogie soos op die 2de foto onder.
Stap 26:
Gom die bead cap aan die tassel cap vas.
(Ek maak sommer die hele tassel cap vol gom)
Stap 27:
Sodra die gom droog is kan jy die kraletjies en die pypie nou
tot teenaan skuif.
Stap 28:
Gebruik 'n tangetjie om die junpring aan die eenkant vas te sit en
aan die ander kant die jumpring en hakkie.
Projek 7
Hierdie projek word net dieselfde as die eerste projek gedoen.
Projek 8
Stap 1:
Ryg heel eerste die krale soos op die onderste foto.
Stap 2:
Ryg nou al die pienk krale in.
Stap 3:
Trek die rek effens styf en maak 'n knoop.
Sny die punte korter en trek die naaste kraletjie oor die knoop.
Nota: Onthou om een van die krale wat laaste geryg word, |
se gaaitjie lekker groot oop te |
maak. (gebruik sommer pen se punt) |
Dit is sodat kraletjie oor knoop sal |
kan gaan. |
Projek 9
Jou projek kan enige van die harte in hê. Nie al die harte lyk dieselfde nie.
Stap 1:
Ryg die hart tot in die middel van die suede cord.
Gevolg deur 2 silwer kraletjies weerskante van die hart.
Stap 2:
Ryg aan weerskante van die hart na die silwer kraletjie:
'n pienk kraletjie
appelkoos kraletjie
beige kraletjie
silwer kraletjie.
Stap 3:
Maak 'n knoop na die krale wat jy geryg het.
Maak nog 'n knoop in die suede cord ongeveer 5cm verder.
Stap 4:
Ryg weer 'n silwer kraletjie
pienk kraletjie,
appelkoos kraletjie,
beige kraletjie
silwer kraletjie
maak weer 'n knoop na die krale wat geryg is.
Jou necklace moet nou soos die onderste foto lyk.
Stap 5:
Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends |
aan die suede cord vas te sit ( sal sien daar is |
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die |
boonste een plat en dan die een aan die een |
kant en dan die ander kant. |
Nou kom daar aan die eenkant 'n jumpring en aan |
die ander kant kom die ander jumpring met |
die hakkie |
Stap 1:
Ryg al die kraletjies in die rek in.
Meet die rek met krale om jou arm voordat jy hom
knoop.
Indien die armband te groot is, laat van die krale
weg.
Stap 2:
Trek die rek effens styf en maak 'n knoop
Sny die punte korter en trek die kraletjie oor die knoop.
(Doen net soos jy in projek 8 gedoen het)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.