Pages

Tuesday, August 14, 2018

Krale in 'n kardoes 2

10 Projekte

1.  Turqouise enkel string krale
2.  Dusty lavender enkel string krale
3.  Gemengde enkel string krale
4.  Wit memory wire armband
5.  Gemengde kleur memory wire armband
6.  Hartjie oorbelle
7.  wit ronde oorbelle
8.  T-yarn necklace
9.  Gemengde string krale met hart
10.  Suede cord met feëtjie





Projek 1 tot 3

In projek 1 en 2 word al die kraletjies eenvoudig
net in die rek geryg.
Die rek word dan geknoop.



Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 
            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder een van die
            Labels vind.





Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.
In projek 3 word al die kraletjies ook
in die rek geryg deur die kleure af te
wissel totdat jy klaar is met al die
krale.




Projek 4
Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.





Stap 2:

Begin deur 5 wit krale te ryg,
gevolg deur 1 pers pereltjie.
Herhaal die patroon totdat
al die krale geryg is.
Jy behoort met 'n pers pereltjie
te eindig.


Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)





Projek 5


Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.





Stap 2:
Ryg al die krale in die draad deur
die kleure af te wissel.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)



Projek 6 en 7


Projek 8

Om hierdie t-yarn necklace aanmekaar te sit
 kan jy die instruksies volg van
"Hoe om 'n t-yarn necklace te maak"






Projek 9


Krale word in rek ingeryg soos op foto.
Die maklikste is om die groter krale eerste 
in te ryg en dan die kleiner turquoise 
kraletjies vir laaste te los.

Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.





Projek 10


Begin deur die feëtjie tot in die helfde 
van die suede cord te ryg.

Ryg dan altwee punte van die suede 
cord deur die groot vaal pers kraal.

Maak dan 'n knoop aan albei kante
van die suede cord soos op foto
(ongeveer 5cm vanaf die groot kraal)

Ryg nou die krale soos op
foto.


Maak weer 'n knoop aan albei kante
van die suede cord soos op foto
(ongeveer 5cm vanaf  krale wat
reeds geryg is.)

Nou kan jy die res van die
krale ryg soos op foto

Om jou projek te voltooi,
knoop nou net die punte
van die suede cord saam.







No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.