Pages

Tuesday, August 14, 2018

Krale in 'n kardoes 4

10 Projekte

1.  Olive  t -yarn string
2.  Beige, olyf en ligte appelkoos visnet wol  necklace
3.  rouhout en taupe memory wire armband
4.  Bruin en appelkoos armband
5.  Taupe hartjie oorbelle
6.  Beige harjie oorbelle
7.  Light moss & taupe string
8.  Oranje, bruin en appelkoos string met hart
9.  Wax cord necklace
10.  Suede cord necklace met duif harjtie.





Projek 1

Om hierdie t-yarn necklace aanmekaar te sit
 kan jy die instruksies volg van
"Hoe om 'n t-yarn necklace te maak"
Jy sal dit onder "labels" vind.





Projek 2

NB: Let wel dat die kleur van die visnet wol het verander na 'n Beige,
        olyf en ligte appelkoos kleur en is nie meer soos op die foto nie.

Stap 1:

Ryg al jou krale in die visnet wol in.
Dit is jou eie keuse hoe jy dit wil doen.
Onthou om knope voor en na die krale te
maak sodat hulle nie rondskuif nie.




Stap 2:

As al die stringe vol krale geryg is,
behoort dit omtrent so te lyk,


Stap 3:

 Die punte word nou aanmekaar vas gesit met
die "flat fastener"

Volg die instruksies soos wat jy in projek 1
gevolg het om die projek te voltooi.

"Hoe om 'n t-yarn necklace aan mekaar te sit"







Projek 3

Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.





Stap 2:

Begin deur 3 rouhout krale te ryg, gevolg
deur een taupe kleur.
Herhaal patroon  totdat al die kraletjies geryg is.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los 'n lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)




Projek 4

Stap 1:

Ryg 1 bruin, 1 salmon blokkie en
dan 1 appelkoos kraletjie.
Herhaal die patroon totdat al die
krale geryg is.
Knoop net die rek styf en steek die
knoop binne 'n kraletjie weg.




Projek 5 en 6

Hak eenvoudig net die hartjie in
die oorbel hakkie in.



Projek 7


Stap 1:

Krale en hart word geryg soos op foto.
As al die krale geryg is word die rek
weereens net styf getrek en geknoop.






Projek 8

Stap 1:

Ryg al krale soos op die foto aangedui.
Rek word dan styf getrek en geknoop.
Steek die knoop binne in 'n kraletjie weg.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 
            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder een van die
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.




Projek 9

Stap 1:

Ryg die eerste klomp krale soos op die foto
in al 3 stringe swart wax cord.





Stap 2:

Na die appelkoos kraal word daar nou apart
in elke string krale geryg.
Een string kry 12 blokkies en die ander
twee stringe kry elkee 11 blokkies.




Stap 3:

Al 3 stringe word nou weer saam gevat
om die volgende krale te ryg.
Die eerste kraletjie wat geryg word is die
brons een.

Ryg dan veder soos op foto aangedui.






                              Wanneer al jou krale geryg is


Stap 4:

Maak 'n knoop met die stringe wax cord
aan die bo kant van elke laaste kraal.

Knoop nou net die punte van al die stringe
wax cord saam om jou projek te voltooi.








Projek 10

Stap 1:

Gebruik die stukkie tigertail om die 
wax cord deur die hartjie te trek.


Stap 2:

Ryg die suede cord deur die lussie wat
die wax cord bo die hartjie maak.



Stap 3:

Trek die wax cord weer styf aan die onderkant
van die hartjie en maak 'n knoop

Ryg nou die krale in soos op die foto.


NB:  Moenie die stukkie tou korter sny
         voordat jy 
nie die bead caps
         klaar geryg het nie, aangesien
         die toutjie se punte in kerswas
         gedoop  is  sodat dit deur die
         bead cap se gaatjie kan ryg.

Knoop nou albei punte van die tou volgens die
lengte wat jy wil hê die krale moet hang,
sodat dit nie deur die krale kan trek nie.
Gebruik bietjie gom om die bead caps aan
die krale te plak sodat hul op hul plek bly.





Stap 4:

Sorg dat die punte van die suede
cord bo gelyk is.

Maak ongeveer 5cm van die hartjie
se middel aan weeskante 'n knoop
in die suede cord.
Ryg die krale soos op die foto en maak
weer 'n knoop.
Ongeveer 5cm veder maak jy weer 'n
knoop weerskante en ryg weer die krale.
Maak weer 'n knoop.

Knoop nou net die punte van die suede cord
om jou projek te voltooi.





No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.