Pages

Wednesday, August 15, 2018

Krale in 'n kardoes 3

10 Projekte

1.  Wit en lime t-yarn necklace
2.  Bruin en beige t-yarn necklace
3.  Bruin enkel string krale.
4.  Lime enkel string krale
5.  Bruin hartjie oorbelle
6.  Bruin blommetjie oorbelle
7.  Memory wire armband
8.  Gemengde string krale
9.  Wit string krale
10.  Wit en Bruin sting krale


Projek 1 en 2

Om hierdie twee projekte te maak, 
kan die aanwysings gevolg word
van " hoe om 'n t-yarn necklace
te maak"
Kan gevind word onder "Labels"




                                              

Projek 3 en 4                                                                       

Met hierdie stringe word al 
die krale eenvoudig in die
rek ingeryg.
Die rek se punte word dan
net geknoop.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 
            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder een van die
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.


Projek 5


Projek 6

Plak net die "earring studs" agter aan die 
blommetjie vas.
Supperglue werk baie goed.


Projek 7

Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.


Stap 2:

Begin om die wit kraletjies eerste
in te ryg tot almal klaar is.
Dan ryg jy al die groen kraletjies
en laaste al die bruin kraletjies in.

Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los lang genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)




Projek 8


Nota:  Die Bruin hout hart sal heel
           waarskynlik klaar in die suede
           cord geryg wees.
           Ryg net verder in na bo en na
           onder.

Krale word dood eenvoudig net
ingeryg soos op die foto.
Wanneer jy klaar geryg het,
knoop net die punte van die suede
cord saam en jy is klaar.




Projek 9

Stap 1:
Begin deur die heel grootste wit
kraal tot in die middel van die
suede cord te ryg.

Stap 2:
Hierna word die helfte van al die
krale aan die linkerkant ingeryg
en die ander helfte aan die regterkant.

Stap 3:
Nadat al jou krale nou ingeryg is,
maak seker dat jou suede cord se
punte bo gelyk is.
Maak dan 'n knoop aan elke kant
na jou laaste kraletjie.







Stap 4:
Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie.









Nota:  Buig altyd die twee kante van die
              jumpring na die kant
              toe weg van mekaar.







Projek 10

Die laaste projek is net so maklik.
Jy gaan ook net al die krale ryg
soos dit op dit foto wys.
Wanneer jy klaar is gaan jy
net die rek weer knoop.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.




Dit was dan nou al 10 projekte van kardoes 3












No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.