Pages

Thursday, May 9, 2019

Krale in 'n kardoes 12

9 Projekte

1.  Beige enkel string
2.  Dusty pink enkel string
3.  Taupe enkel string
4.  Hout blaar oorbelle
5.  Draad armband 
6.  Bont string krale met dubbel hart
7.  Bont string met "Boeremeisie" hart
8.  T-yarn string met blom
9.  Seude cord met blommetjies





Projek 1 tot 3

Stap 1:

Ryg al die kraletjies  in die rek in.
Knoop die rek styf en trek die naaste kraletjie aan
die knoop daaroor.

Nota:  Indien jy nie mooi  seker is nie, 



            gaan loer by "hoe om 'n
            enkel string krale te ryg"
            Jy sal dit onder 
            Labels vind.



Nota:  Onthou om een van die krale wat                    laaste geryg word,
            se gaaitjie lekker groot oop te 
             maak. (gebruik sommer pen se punt)
             Dit is sodat kraletjie oor knoop sal
             kan gaan.


Stap 2:

Sny punte van rek korter.
Trek kraletjie wat jy vroeër die gaaitjie van
groter gemaak het oor die knoop van die
rek.
                                  



Al 3 enkel stringe word dieselfde gemaak



Projek 4

Stap 1:

Gebruik die jumprings om die blaar aan die oorbel hakkie was te sit.

 Nota:  Buig altyd die twee kante van
            die jumpring na die kant toe,
            weg van mekaar.
                   
Maak gebruik van die tangetjie om die
 jumpring oop en toe te buig.



Projek 5

Stap 1:
Begin deur  een van die 'memory wire"
se punte met tangetjie rond te buig.
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees
as jou kraletjie se gaaitjie.



Stap 2:

Begin jou krale te ryg soos op foto.
Herhaal patroon tot al die krale geryg is.



Stap 3:
 Sny die draad wat oorgebly het af maar
los lank genoeg stukkie oor om weer soos
in stap 1 te kan ombuig. (± 2cm)







Projek 6


Stap 1:

Ryg al die krale in soos wat dit op die foto wys.
Die rek wat oorbly moet aan weerskante ewe lank wees 
sodat jy die volgende krale sal kan ryg.


 Stap 2:

Ryg nou die klein pienk krale wat oorgebly het in.




Jou string krale sal nou so lyk as jy al die krale geryg het.


                                        


Stap 3:

Knoop nou die rek weer soos wat jy in projek 1 tot 3 gedoen het.







Projek 7

Stap 1:

Ryg heel eerste die blommetjie in die suede cord en 
weerskante van die blommetjie 'n blokkie.

Nota:  Indien jy sukkel om die suede cord deur die blommetjie te kry,
           sny een punt van die suede cord effens dunner.  Jy kan 
           later weer die dun stukkie afsny.




Stap 2:

Ryg nou die ander krale in soos op die foto.


Stap 3:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie






Projek 8

Stap 1:

Plak die speldjie aan die agterkant van die blom vas.
Enige sterk craft glue sal werk.



Stap 2:

Om die t- yarn gedeelte van die projek aanmekaar te sit
moet jy na die totale uiteensetting gaan kyk van hoe om 'n
t-yarn sting te maak.  Jy sal dit onder die labels vind.



Stap 3:

Steek nou net die blom aan die necklace vas.

Nota:  Die blom kan ook apart gedra word as 'n borspeld


Projek 9

Stap 1:

Sit die jumprings aan die blare vas.
Die een blaar kry nog 'n jumpring aan die eerste
jumpring vas.
(Dit is sodat die blare nie gelyk moet hang nie.)



 Stap 2:
Ryg nou albei blare in die suede cord in

 Stap 3:

Nou word albei punte van die suede cord deur
die pienk "hex bead" geryg.


Stap 4:

Maak nou ongeveer 5cm van die kraal af 'n
knoop in  albei kante van die suede cord.

 Stap 5:

Ryg drie van die ronde plat kraletjies weerskante in.



Stap 6:

Maak weer ongeveer 5cm veder 'n knoop aan albei kante.
Ryg dan jou blommetjies in.

Nota:  Indien jy sukkel om die suede cord deur die blommetjies te kry,
           sny een punt van die suede cord effens dunner.  Jy kan 
           later weer die dun stukkie afsny.


Stap 7:

Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends
aan die suede cord vas te sit ( sal sien  daar is
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die
boonste een plat en dan die een aan die een
kant en dan die ander kant.
Nou kom daar aan die eenkant  'n jumpring en aan
die ander kant kom die ander jumpring met
die hakkie
  



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.