9 Projekte
1. Oorbelle
3. Bont string krale met beige hart
4. Oorbelle
5. Armband
6. Lavender & beige enkel string
7. Tigertail necklace met pers lava harte
8. Bont enkel string
9. Wit t-yarn necklace met krale
Projek 1
Gebruik 'n jumpring om die oorbel hakkie aan die oorbelgedeelte
vas te sit.
Nota: Buig altyd die twee kante van die jumpring na die kant toe, weg van mekaar.
| ||
Projek 2
Om die t- yarn necklace aanmekaar te sit
moet jy na die totale uiteensetting gaan kyk van hoe om 'n
t-yarn sting te maak. Jy sal dit onder die labels vind.
Projek 3
Stap1:
Ryg al die krale in soos wat dit op die foto aandui.
Nota: Indien jy sukkel om die suede cord deur die hart te kry,
sny een punt van die suede cord effens dunner. Jy kan
later weer die dun stukkie afsny.
Stap 2: Gebruik 'n tangetjie om die suede cord ends |
aan die suede cord vas te sit ( sal sien daar is |
( 1 flappie bo en 2 aan die kant) Buig eers die |
boonste een plat en dan die een aan die een |
kant en dan die ander kant. |
Nou kom daar aan die eenkant 'n jumpring en aan |
die ander kant kom die ander jumpring met |
die hakkie |
Projek 4
Sit die headpin deur die silwer spacer.
Stap 2:
Ryg nou die sampioen kraletjie deur die headpin.
Stap 3:
Sny die headpin effens korter as hy te lank is en
buig 'n ogie.
Stap 4:
Gebruik nou weer 'n jumpring om die oorbel gedeelte aan die sampioen gedeelte
vas te sit. (net soos wat jy in projek 1 gedoen het)
Projek 5
Nota: Hierdie projek kan dalk bietjie uitdagend wees. Geduld is hier die wagwoord!
Stap 1:
Begin deur een kant van die 'memory wire" |
met'n tangetjie rond te buig. |
Die sirkeltjie wat jy buig moet groter wees |
as die spacer se gaaitjie. Doen so met al drie stukke. |
Buig dan die ogie in die draad net so effens op.
(Sien foto)
Nota: Jy sal sien hierdie spacers het drie gaaitjies aan elke
kant. Jou eerste draad gaan deur een van die gaaitjies
aan die kant ingaan en anderkant uit.
NB: Die silwer kraletjies se gaaitjies is aan die
een kant effens kleiner as aan die anderkant.
Pas die pypie teen die laaste kraletjie se gaaitjie
sodat jy die kraletjie so ryg dat die pypie nie deur
die silwer kraletjie kan gaan nie.
Na die pypie, ryg jy een silwer kraletjie, een van die klein lavender
kraletjies en weer 'n silwer kraletjie.
NB: Maak weer seker dat die silwer kraletjie reg om is
sodat die pypie nie binne in gaan nie.
Nou volg 'n spacer en dan weer 'n pypie.
Na die pypie (links onder op foto) kom weereens 'n spacer, 1 silwer kraletjie, 'n klein lavender kraletjie, weer 'n silwer kraletjie.
Dan volg daar weer 'n pypie en 3 silwer kraletjies.
Laaste is weer 'n spacer.
Stap 5:
NB: Voordat jy die eerste gedeelte af eindig maak seker jy het reg
ingeryg. (Sien foto onder)
Waar die 2 spacers langs makaar lê op foto, is die begin en einde
van armband.
Buig nou weer 'n sirkeltjie na die laaste spacer.
Indien die draad te lank is, sny dit effens korter.
(ongeveer 2cm is nodig om om te kan buig)
Foto onder: begin en einde van armband
Stap 6:
Die middelste gedeelte van armband
Ryg die volgende draad deur die middelste gaaitjies van die spacer.
Stap 7:
Na die spacer word 3 silwer kraletjie geryg.
'n silwer pypie volg daarna.
Stap 8:
Ryg na die pypie 'n silwer kralejie, klein lavender kraletjie, weer 'n silwer kraletjie
en dan 'n spacer.
Stap 9:
Na die spacer volg 'n klein silwer kraletjie,
'n ronde plat spacer,
groter lavender kraal,
silwer blommetjie,
weer 'n lavender kraal,
'n ronde plat spacer en
'n klein silwer kraletjie.
Ryg nou 'n volgende spacer.
(spacer - links in foto - onder)
Silwer kraletjie
klein lavender kraletjie
silwer kraletjie
pypie
3 x silwer kraletjies
Stap 11:
Ryg 'n spacer en eindig die middelste gedeelte af
soos wat jy die eerste gedeelte gedoen het.
Die derde gedeelte.
Om die derde draad te doen, moet jy hom
presies ryg soos die eerste een.
So, al drie drade aan die begin en einde van jou armband,
lyk dieselfde.
So lyk jou armband dan vanaf die kant:
Die Boonste gedeelte:
Armband aan die onderkant:
Projek 6
Stap 1:
Ryg 5 x lavender kraletjies
en 1 x beige kraletjie
Herhaal totdat al die krale geryg is.
Aan die eenkant van die rek sal jy op 'n lavender kraletjie eindig
en aan die anderkant op 'n beige kraletjie.
Stap 2:
Nota: Onthou om een van die krale wat laaste geryg word, |
se gaaitjie lekker groot oop te |
maak. (gebruik sommer pen se punt) |
Dit is sodat kraletjie oor knoop sal |
kan gaan. |
Trek die rek effens styf en maak 'n knoop.
Stap 3:
by die knoop daaroor,
Nota: Projek 7 het verander vanaf Oktober 2019.
Indien jou projek nou wit lava harte in het,
volg dan Projek 7A se stappe wat volg na
die gewonde projek 7.
Stap 1:
Jy gaan begin deur een van die
dubble jumprings aan die
twee stringe tigertail vas te
sit.
1.1 Ryg albei stringe tigertail deur twee crimps soos op onderstaande foto.
1.2 Buig nou die punte terug, om die dubble jumpring en weer deur altwee crimps.
Soos op foto hieronder.
1.3 Druk die crimps nou plat met jou tangetjie.
Stap 2:
Ryg krale soos op foto hieronder.
Stap 3:
Nou volg die volgelde krale.
(van links na regs)
Stap 4:
Ryg nou die deurskynende kraletjies en lava hart soos op foto.
Dit is tot waar jy nou geryg moet wees.
Stap 5:
Nou moet jy soos volg ryg.
Deur albei stringe tigertail die pers-bruin kraal
Dan in een string 2 x lavender krale en in die ander
string 1 x lavender kraal.
Ryg nou weer 'n pers-bruin kraal.
Herhaal hierdie patroon totdat jy 5 van die pers-bruin krale geryg het en
4 keer die lavender krale.
Stap 6:
Ryg nou weer die 2 deurskynende krale saam met die lava hart.
Die onderste gedeelte van die necklace moet nou soos op die foto lyk.
Stap 7:
Ryg die laaste gedeelte van die necklace soos op foto.
Stap 8:
Nou vir die moeiliker gedeelte....
Net soos wat jy in die begin in stap 1.2 gedoen het doen jy nou weer.
Druk dan die crimps met jou tangetjie plat
en sny die tigertail korter.
Druk die punte van die tigertail binne die laaste kraletjie en trek die kraletjie oor die crimps sodat dit mooi weggesteek is
Stap 2:
Stap 7:
Ryg die laaste gedeelte van die necklace soos op foto.
Stap 8:
Nou vir die moeiliker gedeelte....
Jy gaan nou gebruik maak van jou tangetjie
dubble jumpring en crimps om af te eindig
soos wat jy aan die begin gedoen het.
Ryg twee crimps in albei stringe tigertail.
NB: Trek albei stringe tigertail styf sodat die krale mooi
styf teenmekaar sit. Daar moet nie spasies oop wees nie.
Hou die jumpring met die tangetjie vas terwyl jy
die punte van die tigertail trek sodat jy dit styf tot
teen aan die kraletjie kan kry.
Hierdie vat nogal tyd. Soms moet jy die crimps bly skuif en die
tigertail bly trek totdat jy teen aan die kraletjie is.
en sny die tigertail korter.
Druk die punte van die tigertail binne die laaste kraletjie en trek die kraletjie oor die crimps sodat dit mooi weggesteek is
Stap 9:
Jou laaste stap is om jou hakkies aan te sit
Aan die eenkant kom net 'n jumpring vas en
aan die anderkant kom 'n hakkie saam met die jumpring vas.
Projek 7A
Stap 1:
Jy gaan begin deur een van die
dubble jumprings aan die
twee stringe tigertail vas te
sit.
1.1 Ryg albei stringe tigertail deur twee crimps soos op onderstaande foto.
1.2 Buig nou die punte terug, om die dubble jumpring en weer deur altwee crimps.
Soos op foto hieronder.
1.3 Druk die crimps nou plat met jou tangetjie.
Stap 2:
Ryg krale soos op foto hieronder.
Stap 3:
Nou volg die volgelde krale.
(van links na regs)
Stap 4:
Ryg nou die kraletjies en lava hart soos op foto.
Stap 5:
Nou moet jy soos volg ryg.
Deur albei stringe tigertail die wit kraal
Dan in een string 2 x lavender krale en in die ander
string 1 x lavender kraal.
Herhaal hierdie patroon totdat jy 5 van die wit krale geryg het en
4 keer die lavender krale.
Stap 6:
Ryg nou weer soos in die anderkant die krale en die lava hart.
Die onderste gedeelte van die necklace moet nou soos op die foto lyk.
Stap 7:
Ryg die laaste gedeelte van die necklace soos die eerste gedeelte.
Stap 8:
Nou vir die moeiliker gedeelte....
Net soos wat jy in die begin in stap 1.2 gedoen het doen jy nou weer.
Druk dan die crimps met jou tangetjie plat
en sny die tigertail korter.
Druk die punte van die tigertail binne die laaste kraletjie en trek die kraletjie oor die crimps sodat dit mooi weggesteek is
Stap 7:
Ryg die laaste gedeelte van die necklace soos die eerste gedeelte.
Stap 8:
Nou vir die moeiliker gedeelte....
Jy gaan nou gebruik maak van jou tangetjie
dubble jumpring en crimps om af te eindig
soos wat jy aan die begin gedoen het.
Ryg twee crimps in albei stringe tigertail.
NB: Trek albei stringe tigertail styf sodat die krale mooi
styf teenmekaar sit. Daar moet nie spasies oop wees nie.
Hou die jumpring met die tangetjie vas terwyl jy
die punte van die tigertail trek sodat jy dit styf tot
teen aan die kraletjie kan kry.
Hierdie vat nogal tyd. Soms moet jy die crimps bly skuif en die
tigertail bly trek totdat jy teen aan die kraletjie is.
en sny die tigertail korter.
Druk die punte van die tigertail binne die laaste kraletjie en trek die kraletjie oor die crimps sodat dit mooi weggesteek is
Stap 9:
Jou laaste stap is om jou hakkies aan te sit
Aan die eenkant kom net 'n jumpring vas en
aan die anderkant kom 'n hakkie saam met die jumpring vas.
Projek 8
Nota: Die Lilac krale in die projek is vervang met
die pers speckle krale vanaf Okt 2019
Stap 1:
Ryg al die krale deur die onderstaande patroon op die foto te volg.
Eindig die string krale af deur die rek te knoop net
soos wat jy in projek 6 gedoen het.
Projek 9
In die projek is daar 6 stringe t-yarn.
In elkeen word daar verskillende krale geryg.
Elke foto wys 'n ander string aan.
Ryg volgens die foto's
Nota: Indien jy sukkel om die t-yarn deur die krale te kry,
draai 'n stukkie kleefband om of druk 'n stukkie draadjie deur
die punt van die t yarn.
Stap 2:
Stap 3:
Stap 4:
Stap 5:
Stap 6:
Stap 7:
Sit 3 stringe saam.
En die ander 3 stringe saam.
Stap 8:
Sit die punte van die 3 stringe mooi bymekaar en sny gelyk.
Gebruik nou 'n tangetjie om die flat fastener vas te sit.
Doen so aan albei kante, en ook met die ander stringe.
Stap 9:
Sit nou al die stringe saam.
Gebruik die jumprings om die stringe aan mekaar vas te sit
Stap 10:
Sit nou aan die eenkant die volgende jumpring aan die ander een vas.
Stap 11:
Sit aan die anderkant die hakkie met die jumpring vas.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.